Insurance.co.za – South African Insurance Quotes

Call for a quote:021 818 8315

* While Insurance.co.za does not have any affiliation with the company mentioned on this page, we’ll send you comparative quotes from our partner brands (listed here). Please note that the content on this page is for informative purposes only.

Get Car Insurance

SAVE ON INSURANCE TODAY!*

Your details will be sent to one of the brands that we have partnered with, as can be seen on this page.

Virseker Versekering

Soek jy versekering wat in ‘n kleurryke taal verskaf word? Virseker bied dekking vir Suid Afrikaanse Afrikaners aan.

Wie is Virseker?

Virseker is ‘n Suid Afrikaanse versekeringsmaatskappy. Hulle bied versekering in Afrikaans vir alle Afrikaans-sprekende Suid Afrikaners. Met hulle produkte, kan jy al die dekking wat jy nodig het kry om jouself, jou gesin, jou besigheid, en jou goedere te beskerm teen die finansiële impak van verlies en skade.

Hoekom Bied Hulle Versekering Slegs in Afrikaans Aan?

Die maatskappy het besluit dat so ‘n lekker, passievolle taal sy dag in die lig verdien. Selfs as dit by versekering kom. Die taal lê so na aan Virseker se hart dat hulle ‘n Trust geskep het om die welvaart en voortbestaan van Afrikaans te verseker.

Wat is Die Virseker Trust?

Die Virseker Trust ontvang maandeliks bedrae vanaf Virseker om hulle einddoel te bereik: die voortbestaan en welvaart van Afrikaans. Die ingesamelde fondse gaan na verskeie hulp inisiatiewe soos rentevrye studiehulp, Afrikaanse onderriginstansies, en verdere projekte in die Afrikaanse gemeenskap. Elke jaar skenk Virseker miljoene, en dis als moontlik slegs te danke aan hul lede.

As jy ‘n Virseker polishouer is, help jy elke maand die Afrikaanse gemeenskap slegs deur jou premies te betaal.

Hoe Werk Virseker Versekering?

Virseker bied versekeringsplanne aan wat werk soos meeste van die versekering in Suid Afrika. Die polishouer belowe om maandeliks ‘n premie te betaal. Dan stem die versekeringsmaaskappy toe om uit te betaal as ‘n gebeurtenis u toeval wat verseker is.

Soos mens op ander versekeringspolise vind, is daar bepalings en voorwaardes wat van belangstelling sal wees vir die versekerde mens of maatskappy. Die polis kan, byvoorbeeld, vereis dat die motor in ‘n karversekeringspolis agter slot en hek slaap elke aand. ‘n Langtermyn versekeringspolis sluit gewoonlik selfmoord uit, ten minste binne die eerste twee jare.

Virseker Versekeringsplanne en Produkte

Vir Suid Afrikaanse versekering op sy beste kan jy nie verkeerd gaan met ‘n Virseker produk nie. Hulle dek als, vanaf you juwele tot jou begrafnis en als tussen in. Hierdie is die kategorieë en versekeringsprodukte beskikbaar:

Besigheidsversekering

Besigheidseienaars kan hul toekoms dek met ‘n besigheidsversekeringsportefeulje vanaf Virseker. Hulle prioritiseer u benodighede en streef om altyd daar te wees vir u besigheid. Hulle dek meer as 700 tipe besigheide, so jy kan gedek word of jy nou blomme of karre verkoop of ‘n klavierskool besit.

Die besigheidsplan is so opgestel dat u spesifieke besigheidsversekeringsbehoeftes gedek word. Virseker besignheidsversekering dek besigheidsvoertuie, brandskade, diefstal, sake Onderbreking, Geboue en toerusting, asook gereedskap en gereedskapbokse. Hulle dek ook goedere in transito, produkaanspreeklikheid, foutiewe vakmanskap, en getrouheidswaarborg.

Huisversekering en Huisprodukte

By Virseker kan u huisinhoudsversekering, gebou versekering, en Boorgat- en swembadtoerustingversekering koop. Die huisinhoudsplan gee dekking vir verlies en skade aan dit wat jou huis joune maak – die goed binne die geboue.

Karversekering en Voertuigprodukte

Ons bied verskeie motorversekeringsprodukte aan om jou behoeftes te bevredig. Kies tussen omvattende motorversekering, derdeparty, brand en diefstalversekering, of slegs derdepartyversekering. Verseker u motorfiets, veldbakkie, karavaan, sleepwaentjie, en watertuig met ‘n plan gestel op die unieke behoeftes van die voertuig. U kan ook band en wielbeskermingsversekering kry by Virseker.

Dekking vir Jou Besittings

Virseker se juweleversekering beskerm die erfenisstuk wat ouma vir jou gelos het, jou trou ring, en vele meer. Kies kameraversekering om jou lens en kamera te beskerm teen skade, verlies, en diefstal. Hulle klereversekering dek kledingstukke wat meer as R4000 kos. Beskerm jou skootrekenaar met skootrekenaarversekering.

Virseker se brilversekering maak seker dat die glans in jou oë beskerm word. Daar is selfs selfoonversekering sodat jy altyd bereikbaar is. En dan is daar alle-risiko dekking wat sommer als onder een sambreel dek.

Persoonlike Dekkingsprodukte

Is jou familie se toekoms beveilig indien die broodwinnaar in ‘n ongeluk is wat lei tot hospitalisasie, ongeskiktheid, of ʼn sterfte? Kies Virseker se persoonlike ongeluksplan vir hierdie dekking. Virseker bied hulle polishouers ‘n begrafnis plan en selfs ‘n plan wat regsbystand verskaf.

Beveilig jou lewe en toekoms van A tot Z met Virseker, versekering in jou taal!

Get a Virseker Insurance Quote Today! To start, simply fill in the form at the top of this page, and the ideal insurer for your needs will be in touch!

What some of

Our Clients Say